Facilities

Skoolgeboue

Soos ons leuse sê, die twygie het ‘n boom geword. So vertel die skoolgeboue ook die storie van ‘n skool wat deur die jare gegroei het. Van die hoofgebou waar die gekraak van die houtvloere die storie vertel van duisende voete wat daar geloop het, tot die “trein” en die nuwe gebou, beskik HJS oor ruim geriewe wat die sjarme van vergange dae kombineer met al die geriewe wat kenmerkend is van ‘n moderne klaskamer.

School Hall

The school hall was built in 1981 on the spot where the original Bellevue hostel stood before it burned down.

It can seat 900 people and is used on a weekly basis for whole-school assemblies.

Rodgers Infinity Digital Organ

In 2014 Paarl Boys’ High School installed a two-manual, 42-register Rodgers Infinity Digital Organ from the USA in our school hall. This organ is used at all assemblies and other special functions. Organ concerts are also held annually and world-renowned organists such as Hector Olivera, Martin Mans, Zorada Temmingh, Winand Grundling, Mario Nell, Erik Dippenaar and Theo van Wyk performed here.

Biblioteek

Die skoolbiblioteek is steeds letterlik en figuurlik die siel van die skool. Die biblioteek het ‘n uitnemende versameling van beide fiksie en niefiksieboeke.

Die ruimte word ook gebruik vir opleidingsessies, klasse en vergaderings, maar die seuns weet ook dat as hulle ‘n stil plek soek om huiswerk te doen tussen hulle menigte aktiwiteite, dan is die biblioteek net die plek.

Computer Rooms

At Paarl Boys’ High we have two state-of-the-art computer rooms that give boys the opportunity to take CAT and IT during the school day and to do research and complete projects after school. This ensures that every single boy has access to everything technology offers.

Music Centre

At the end of 2019 the old gym was converted into a fit-for-purpose music centre. With a small auditorium, ideally suited to host chamber concerts as well as five individual lesson rooms, there is now ample space for the boys to develop their talent in a large variety of instruments. The centre also contains a technology laboratory where students can make use of music software for compositions and arrangements.

Practice rooms are also available for hostel boys in the afternoon.

Drama-ateljee

Me Ras-Pretorius se swart-en-wit drama-ateljee is legendaries onder die seuns. Hier het menige skoolseun tot groot vermaak van hulle klasmaats versteekte talente ontdek.

Die ateljee bied ook aan die leerders die geleentheid om radio- en kamerawerk te doen.

 

 

Boishaai TV-ateljee

HJS beskik oor sy eie volwaardige TV-span wat uit die TV-ateljee onder in die Wetenskapblok opereer. ‘n Voltydse regisseur staan ‘n toegewyde span leerders by om ons eie materiaal te skep.

BUCO-Brugstraat-kompleks

Vra enige Boishaaier waar sy beste herinneringe lê en die antwoord is amper altyd op die groen, groen gras van BUCO-Brugstraat. Hier lê ure se sweet, lag en trane. 

Die kompleks bestaan uit vyf rugbyvelde, ‘n atletiekbaan, twee krieketvelde, binnenshuise krieketnette, ‘n troutrekbaan en ‘n klubhuis.

 

 

Binnehuise Krieketnette

By HJS beskik ons oor binnenshuise krieketnette van wêreldklasgehalte, wat volledig toegerus is met vier bane, twee boulmasjiene, die beste beskikbare binnenshuise matte, oppervlakke en splinternuwe LED-ligte van wêreldklasstandaard.

Hierdie fasiliteite stel die seuns in staat om met dieselfde intensiteit as professionele spanne te oefen en het tot gevolg gehad dat ons krieket in ʼn betreklik kort tydjie gemeet kan word aan die beste krieketskole in die land.

 

 

David Frost-gimnasium

In 2020 the newly renovated gymnasium was opened with the emphasis on making the body perform better on the field-of-play and trained athletes with exercises other than just their own discipline. Learners would hit the gym for their own healthy purposes and/or perform both functional training, and strength and conditioning to improve their game on the playing field, track or turf.

Die gimnasium word deur die sportspanne gebruik vir kondisionering, en deur individuele leerders wat voel hulle wil ‘n gesonde leefstyl handhaaf. Die gimnasium het drie verskillende afdelings wat aan verskillende behoeftes voldoen, naamlik die gewigskamer, die funksionele en kardio-area en die kragkamer.

Ons is baie bevoorreg om op n jaarlikse basis ‘n toegewyde span gimnasiumprefekte te hê wat omsien na die seuns se veiligheid en algehele gimnasiumnetheid.

Koshuise

Ons koshuise vorm die hart van die skool. Met talle seuns wat van ver kom, word baie moeite gedoen om van die koshuise ‘n ware huis te maak. 

There are four hostels on the Boys’ High campus, each with its own character, history and tradition. Since 1990 the residents of all the hostels take their meals together in one central dining hall, where the very capable kitchen team often cooks up to 75 kg of mince, eight pockets of potatoes or 18 kg broccoli for a single meal. And that is not even mentioning the 150 litres of milk the boys consume every day. 

Access to the hostels is controlled by biometric scanners to ensure the safety of all the residents. The boys also have access to a computer room with internet access, as well as a common room with a television and a pool table.

Astro

In 2019 a long-awaited dream came to realisation when we were able to build an Astroturf hockey field in collaboration with Klein Boishaai. Equipped with spotlights sporting the latest technology an incredible vibe is created at our Friday night home games at the Astro.

Snoepie

As daar een ding is wat seuns altyd is, dan is dit honger. Die snoepie voorsien heerlike voedsame (en minder voedsame) eet- en drinkgoed aan ons manne. Die tafeltjies onder die bome is ook baie gewild onder beide die seuns en personeel.

Swimming Pool

On a scorching Paarl summer day, there is no more welcoming sight than the clear blue waters of the swimming pool. The pool was built in 1980 on the grounds. The 25 m pool has hosted numerous galas over the years and has also been the source of hours of fun, especially for the hostel boys.

Tennisbane

HJS se vyf tennisbane is gerieflik naby die skool en koshuis geleë. Wanneer dit nie deur ons tennisspelers gebruik word om professionele afrigting te ontvang nie, kan die koshuisleerders dit gebruik vir ‘n lekker vriendskaplike potjie tennis.

 

Mediese Sentrum

HJS is in die gelukkige posisie om ‘n volledig toegeruste mediese sentrum by Brugstraat te hê. 

Hierdie sentrum is voldoende toegerus om selfs noodoperasies, te doen indien nodig.