Muurbal

Squash

Muurbal

HJS is sedert 2005 een van die top sewe muurbalskole in Suid-Afrika en eindig in 2013 en 2015 in die 2de posisie in Suid-Afrika.

Muurbal het in 2000 as ‘n skoolsport met slegs ’n o.19- en ‘n o.15-span begin. Dit het sedertdien so gegroei dat HJS in 2016 kan spog met vyf 0.19-spanne en drie o.15-spanne.

Die spanne neem in die volgende ligas deel:

  • o.19A:WP Superliga   (deelname slegs op uitnodiging)
  • o.19B:Boland A-liga   (Noordelike voorstede)
  • o.19C:Boland B-liga   (Noordelike voorstede)
  • o.19D:Boland C-liga   (Noordelike voorstede)
  • o.19E:Boland D-liga   (Noordelike voorstede)
  • o.15A:WP A-liga  of  Boland A-liga
  • o.15B:Boland A-liga   (Noordelike voorstede)
  • o.15C:Boland B-liga   (Noordelike voorstede)

HJS het in die verlede die volgende SA-spelers opgelewer:

SA-spelers:

  • 2002 Francois Louw (SA-platteland)
  • 2005 Reon Bester
  • 2010 – 2011 Du Randt Martin
  • 2014 – 2015 Justin Wesson

Namibië-spelers:

  • Danie Greeff
  • Michael van Lingen

HJS lewer elke jaar ’n groot groep spelers wat Boland verteenwoordig by die Interprovinsiale toernooi.

HJS-afrigter:

  • Darren Bruce-Brand

HJS-spanbestuurders:

  • o.19: Wena Louw
  • o.15: Deborah Redelinghuys