Cricket

Krieket

Krieket

Our two main cricket ovals are situated at Brug Street.

Paarl Boys’ High continues to develop players for the national and international arena but we also pride ourselves in finding the balance between mass participation and excellence.

krieket

Meer as 170 seuns word jaarliks in die Hoër Jongenskool Paarl se sestien krieketspanne opgeneem: o.14A-D, o.15A-D en o.19A-G. Krieket word in die eerste en die vierde kwartaal aangebied en daar is ’n winterprogram in die buite- en voorseisoen. Daar word hoofsaaklik in die Boland- en WP-liga meegeding, maar talle wedstryde word ook elders in die land gespeel. Ons bied jaarliks ’n koshuisligakompetisie aan waaraan die drie senior koshuise en drie daghuise deelneem. Ons het ook ’n interne T20-kompetisie, die Boys’ High BPL (Boys’ High Premier League), wat jaarliks gespeel word en waaraan meer as 120 van ons spelers deelneem. Verder is die 1e, 2e, o.15A- en o.14A-krieketspanne jaarliks betrokke by ’n krieketfees of -toer.

Practices take place throughout the week and every team has their own coach. Paarl Boys’ High continues to develop players for the national and international arena but we also pride ourselves in finding the balance between mass participation and excellence. With attention not just concentrated towards the more experienced players but also the beginners, we aim at making cricket at Paarl Boys’ High School competitive at the very top level of schools cricket in South Africa.

cricket 2
cricket 3



Paarl Boys’ High het deur die jare goeie individuele spelers asook spanne wat op internasionale en nasionale vlak uitblink, opgelewer. Ons jongste internasionale spelers is Dawid Malan (2005) vir Engeland se nasionale 2016 T20-span en Michael van Lingen (2015) vir Namibië 2016. Bjorn Fortuin (2012) is gekies vir die 2016 CSA/KSA Nasionale Akademie-inname en speel ook List A-krieket vir die Bizhub Highveld Lions. In 2012 wen HJS die nasionale T20-skolekompetisie en in 2015 eindig ons in dieselfde kompetisie vierde in die land. Ons lewer jaarliks spelers wat Boland op o.15-, o.17- en o.18- nasionale toernooie verteenwoordig en spelers wat SA Skole- en SA Colts-spanne verteenwoordig.