Bellevue

Bellevue

Bellevue

Bellevue is our second oldest hostel

When Bellevue, our second oldest hostel, opened its doors in 1904 to receive our second batch of boarders, Paarl Boys’ High was well on its way to becoming the boarding establishment that our Founding Fathers had envisaged.

For hundred and twelve years Bellevue has been a home away from home for thousands of young men and their attachment to this hostel was clearly noticeable at the centenary dinner which was held on 13 May 2004.

Paarl Boys High Bellevue group photo

Brief aan die skoolhoof

In ’n brief aan die skoolhoof beskryf ‘n oudinwoner van Bellevue, mnr. Hannes van der Merwe (klas van 1941) Bellevue as “my warm, vriendelike koshuis” en hy sê verblyfplek in Bellevue is vir ’n kosganger “die kersie op die koek”. Dan gaan hy voort: “Eers in my later lewe sou ek besef wat ‘n wonderlike voorreg my toegeval het om in daardie koshuis te kon vertoef en ryp te word onder die besielende invloed van ‘n toegewyde personeel, onder sulke bekwame, sorgsame mense soos die matrones, mnre. Oberholster, Bekker en die ewig jonge Allie du Toit.”

Spoggerig voeg hy by: “Ons was trotse Bellevuers! Ons manne het rêrig geglo ons was so ’n treetjie in alle opsigte voor die kêrels van Monte Bello.”

Die “ou” Bellevue is in 1989 ontruim en die nuwe gebou is in 1990 in gebruik geneem.

Bellevue is trots om vir die afgelope honderd en twaalf jaar deel te kon wees van HJS se vooruitgang en streef daarna om te alle tye ’n koshuis vol liefde en respek te wees, waar die seuns waardes leer wat hulle nie net in die hede nie, maar ook in die toekoms ná skool kan toepas. Die feit dat ons ware here die buitewêreld wil instuur wat respek vir hul medemens het en deur ‘n voorbeeld lei, maak van Bellevue die perfekte koshuis.

Paarl Boys High staff member Frans Cloete

Koshuisvader

Frans Cloete
fcloete@paarlboyshigh.org.za