.
.

HJS beskik oor ‘n puik gras-atletiekbaan wat met spreiligte toegerus is, wat dit moontlik maak om aandbyeenkomste aan te bied. Daar word jaarliks drie groot byeenkomste by HJS aangebied, naamlik:

1. Die Interhuisbyeenkoms waarby die hele skool betrokke is. Imhoff het soos gebruiklik weer vanjaar met die trofee weggestap.
2. Die HJS-Uitnodigingsbyeenkoms wat al die afgelope twee jaar deur Droomers Nissan geborg word. Hierdie byeenkoms is ‘n aandbyeenkoms met geselekteerde items waaraan 6 seun- en 3 dogterspanne deelneem. Hierdie byeenkoms word gekenmerk deur ‘n feesatmosfeer en ongelooflike gees en samesang deur skole op die paviljoen.
3. Die Paarl Driehoekige Byeenkoms, waar HJS dit uitspook teen Paarl Gimnasium en Boland Landbou. Op hulle beurt neem HMS, La Rochelle en Paarl Gimnasium se dogters teen mekaar deel.

HJS neem ook al die afgelope twee jaar aan die Sentraal Top 20-Atletiekbyeenkoms in Bloemfontein deel. HJS is beide jare (2008 en 2009) aangewys as die tweede beste seunspan na HTS Louis Botha.

HJS lewer jaarliks verskeie Boland-atlete op (20 atlete in 2009) en Lionel Abrahams (verspring s.o.18) verower goue medaljes by die Nasionale Hoërskole Atletiekkampioenskap, die ASA-Jeug-en-Juniorkampioenskap en by ‘n internasionale byeenkoms te Mauritius. Hy word ook ingesluit in die ASA-Jeugspan wat by die Wêreldjeugkampioenskap in Sudtirol, Italië deelneem.
Tiaan Mouton (300mH s.o.15) behaal ‘n silwermedalje by die Nasionale Hoërskole Atletiekkampioenskap.

Interhuisatletiek 2010